web uni tv guide
kN Pandemie 1600x640 ShowpageBillboard
web uni tv guide

KN Pandemie

144NuusprogramPG13
KN Pandemie

kykNET Pandemie is ‘n program wat spesifiek daarop gemik is om kykers in te lig oor gebeure en nuus rondom COVID-19.

S1 | E26
29 September 21:00
'S1/E26'. KN Pandemie bring aan kykers al die nuus oor COVID-19, gesels met kenners en maak kontak met Suid-Afrikaanse p...

kykNET en die impak van COVID-19-maatreëls

News02 April 2020
kykNET-kykers kan gerus wees – die grootste meederheid van die kykNET-programme sal uitgesaai word soos dit in die April-skedulering beplan is.
<p>kykNET Familie</p>

kykNET neem ag van die voorsorgmaatreëls wat deur President Cyril Ramaphosa op Maandag 23 Maart aangekondig is. kykNET-kykers kan egter gerus wees – die grootste meederheid van die kykNET-programme sal uitgesaai word soos dit in die April-skedulering beplan is, met die uitsondering van enkele aanpassings vir sekere regstreekse programme.

Weens die aard van vooruitbeplande skedules waaraan die verfilming van kykNET se daaglikse dramas onderworpe is, sal Arendsvlei, Binnelanders, Getroud met Rugby en Suidooster steeds weeksaande uitgesaai word.

Sepiekykers kan uitsien na heelwat drama en intrige tydens die inperkingstyd. In Binnelanders, weeksaande om 19:30 op kykNET, gaan ‘n skim in iemand se verlede groot moles maak, en die dood van ‘n baie belangrike karakter veroorsaak. In Getroud met Rugby, weeksaande om 18:00, word ‘n baie hartseer besluit gefinaliseer en maak die Stryders se nuwe flank, Wynand Steyn, sy opwagting.

In Suidooster, weeksaande om 18:30 op kykNET en kykNET&kie, word die vete tussen Bridgette en Nazeem tot ‘n spits gedryf soos hy die waarheid oor wie sy pa eintlik is probeer ontbloot - en Bridgette gaan sukkel om haar familie se goeie naam te beskerm. Aanhangers van Arendsvlei kan uitsien na Hamilton Wolfe se eksvrou, Olivia, wat opdaag en amok maak met sy en Beatrice se verhouding.

Die vyfde seisoen van Republiek van Zoid Afrika met Karen Zoid sal steeds vanaf Donderdag 16 April uitgesaai word op kykNET DStv-kanaal 144, asook splinternuwe episodes van ander gewilde programme, soos Glam Guru (vanaf Sondag 5 April) en Safari 4x4 Roetes (vanaf Maandag 6 April).

Die derde seisoen van die hofdrama Fynskrif skop op Dinsdag 14 April 20:00 af. Die kykNET-komedies Huis Lelieveld en Cas Oppie Kassie is ook reeds klaar verfilm en sal vanaf Maandag 6 Aprill komiese verligting verskaf.

Op kykNET & Kie sal die nuwe musiek-en-geselsprogram, Koortjies met  Jonathan Rubain, steeds vanaf Sondag 5 April uitgesaai word, met die tweede seisoen van die SAFTA-benoemde dokumentêre reeks Op seer se spoor, met Ernusta Maralack, wat vanaf 28 April uitgesaai word. Hierdie programme was reeds in na-produksie met die uitbreek van COVID-19.

Die kykNET aktualiteits- en regstreekse programme, eNuus, Prontuit, Winslyn, kykNET Verslag in Gesprek, KLOP!, Die GROOT Ontbyt, Die GROOT Plaas en Kom ons praat daaroor, sal steeds uitgesaai word met al die nodige maatreëls in die verskeie ateljees om besmetting te voorkom. Kenners en gaste wat op panele dien, sal ook nie meer ingevlieg word nie, maar sal inskakel via digitale platforms.  

Die joernalis en aanbieder, Lourensa Eckard, sal tydens die inperkingstydperk instaan as aanbieder kykNET Verslag in Gesprek instaan, met Waldimar Pelser wat die inleiging tot die program vanuit Kaapstad sal doen. Hy sal ook ‘n bydrae lewer deur in te skakel via digitale platforms.

Die weeklikse KN Verslag sal  steeds vir kykers ’n omvattende oorsig oor daaglikse nuusgebeure bied met spesiale fokus op die impak van COVID-19.

Twee episodes van Toks & Tjops is reeds vooraf opgeneem en sal op 27 Maart en 3 April uitgesaai word. Janina Oberholzer en Vaatjie sal die fort hou, terwyl Toks van der Linde en Breyten Paulse steeds sal inloer via Skype. Kykers kan uitsien na ’n propvol program met weeklikse gasaanbieders wat in Johannesburg en die omliggende gebiede woonagtig is. Op Vrydag 10 April kan kykers inskakel vir ‘n heruisending van die episode waarin die Toks ‘n Tjops­-span terugkyk na die hoogtepunte van die afgelope 10 jaar.

Hoogtepunte van enkele programme word uitgesaai vanaf April: die  kykNET & Kie-geselsprogram, Tussen Ons, vanaf 2 April, Bravo en Kwêla vanaf 12 April en Ontbytsake vanaf 4 April.

Die kykNET NOU!-program, Skole Top 10, het ‘n inisiatief, Die Kwarantyntrein, geloods om kykers iets prettigs te gee om te doen tydens die inperkingstyd. Kykers word genooi om video’s te neem terwyl hulle spesifieke uitdagings uitvoer. Kliek hier om meer daaroor te lees.

Produksie van die tweede seisoen van die gewilde talentsoekkompetisie-program Maak My Famous is uitgestel. Die program het reeds in Februarie met verfilming begin, maar die laaste uitdunrondtes voor die gehoor is gestaak,  omdat dit nie voor ’n gehoor opgeneem kan word nie. Verfilming sal voortgaan sodra die inperkingstyd verby is. Kliek hier om die Top 48 te ontmoet.

Die gewilde program Fiësta, wat handel oor feeste en ander groot geleenthede landswyd, neem veiligsheidshalwe ’n produksiebreek tot die omvang van COVID-19 se impak bepaal kan word.

Megaboere, wat vanaf April sou uitgesaai word, word uitgeskuif na Oktober, om plek te maak vir kykNET Pandemie, ‘n program wat spesifiek daarop gemik is om kykers in te lig oor gebeure en nuus rondom COVID-19. Die program saai vanaf Dinsdag 7 April 21:00 op kykNET uit. Hou gerus kykNET.tv dop vir meer nuus hieroor.

“kykNET hou alle verwikkelinge rakende die COVID-19-pandemie fyn dop en sal ons platforms gebruik om kykers in te lig en te vermaak met die beste Afrikaanse inhoud. Ons wil vir ons kykers ’n anker in hierdie onseker tye wees.” – Karen Meiring, direkteur: kykNET-kanale

Daar is baie geleenthede vir kykers om die Afrikaanse inhoud wat beskikbaar is op DStv in te haal met:

DStv Catchup: Programme wat tans op dié platform beskikbaar is, sluit in Hotel, Projek Dina, Hoor my, sien my, soen my, Sara se Geheim en Die Byl.

Showmax: Die Spreeus, ‘n reeks wat losweg gebasseer is op Suid-Afirkaanse volksverhale, is tans beskikbaar. Aanhangers van Fynskrif kan ook na seisoen 2 kyk voor die begin van seisoen 3 op kykNET op 14 April. Die Boekklub en Die Boland Moorde is kykersgunselinge wat die kyk die moeite werd is.

Box Office: Die SAFTA-genomineerde fliek, Die Verhaal van Racheltjie de Beer, is tans beskikbaar om te kyk, sowel as Fiela se Kind en Ander Mens.

 

Nog Programme

Hier gaan ons alweer S24 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters S4 Poster

Diepe Waters

18:30 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S15 Poster

Binnelanders

19:30 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
In Gesprek

In Gesprek

20:00 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Ander dam se eende S1 Poster

Ander Dam Se Eende

21:00 | 23 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Een keer om die son S2 Maintenance Poster

Een Keer Om Die Son

20:00 | 24 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Hannes aan huis S13 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 24 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Overbergbewoners S1 Poster

Overbergbewoners

21:30 | 24 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S21 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 25 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Frank S1 Poster

Frank

20:00 | 25 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Wies nuus met Netwerk24 S6 Poster

Wie's Nuus

21:00 | 25 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Op my eish S4 Poster

Op My Eish!

20:00 | 26 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Oppiestoep S10 Poster

OppieStoep

18:30 | 27 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Mal kamper S5 Poster

Mal Kamper

18:30 | 28 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Spooksoeker S1 Poster

Spooksoeker

19:30 | 28 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
Die kantoor S1 Poster

Die Kantoor

20:00 | 01 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Groen Namibie S6 Poster

Groen: Namibië

20:30 | 01 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144
Landman S1 Poster

Landman

21:00 | 01 Mar
web uni tv guide
Kanaal
144