Logo

Spoegwolf - Verander (Official)

Video
04 Maart

© Spoegwolf (PTY) LTD 2021 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Groen nou beskikbaar op alle stroomdienste. Music Video: Vervaardig deur Spoegwolf Editing: Chris von Wielligh DOP: Hugo Brand Assistente: Frits Visser Baie dankie aan The Old Tannery Wellington vir die gebruik van venue. Spoegwolf is: Danie du Toit Albert van der Merwe Chris von Wielligh Moskou du Toit Hiram Koopman Verander: Lirieke en Song deur Danie du Toit Musiek deur Spoegwolf Lirieke: sy bly met haar honde op ’n blommeplaas sy stap soms vol wonder deur akkerbome sy vloek in Afrikaans sy slaan jou op jou arm na die eerste dans sy woed soos ’n storm maar in haar groen sien jy binne is dit stil sy laat jou in sy lê op jou bors en sê hey, jy’t iets om te sing maar wat van hierdie ding wat ek geword het? nee, dis net ’n begin wat het verander? jy sê ons is mens maar ek voel anders ek het al my kaarte gespeel mik vir my bors mik vir my sy skraap eers jou kole soos liggies bymekaar en jy skyn teen haar sterre op soos Kaapstad in die nag maar dis goed genoeg sy sê jy’s goed genoeg vir haar jy voel jy ken dit klaar jy ken iets van haar in die donker en jy weet jy weet dis vlees en bloed, maar iets in haar oë is ’n ander groen die akkerbome-groen sy laat my in sy lê op my bors en sê hey, jy’t iets om te sing maar wat van hierdie ding wat ek geword het? nee, dis net ’n begin wat het verander? jy sê ons is mens maar ek voel anders ek het al my kaarte gespeel mik vir my bors mik vir my