Logo

Spoegwolf - Cloetesville (Official)

Video
01 September

© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf Die nuwe album, Lente, beskikbaar op alle digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf DOP: Damiane van Reenen Editing: Damiane van Reenen Colorist: Jarryd du Toit Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Cloetesville: Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. Lyrics: daar's 'n vuur in Cloetesville jy hou ons baba styf en stil onder in die agtertuin staan 'n engel nog in pyn na die vloed, na die val ons drink bier van melk en roet en praat oor dinge wat ons pla hou net stil die wilde pyn soos 'n hengel-haak in my na die vloed, na die val jy sê dis nou moeilik ek kan voel jy's wakker dis als stadig maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms daar's 'n stilte in jou kyk iets wat agter in my bly weg van al die vrees en bloed en die stories wat my sny na die vloed, na die val dis my tweede rondte hier en al daai fokkers hang nog rond jy is die gekraakte ruit tussen my en al die skyn van hul donker son jy sê dis nou moeilik ek kan voel jy's wakker dis als stadig maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms jy sê dis nou moeilik ek kan voel jy's wakker dis als stadig maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms daar’s ’n vuur in Cloetesville
Jy sal ook hiervan hou
Spoegwolf - Woud (Official) Image : 17289
Video
Spoegwolf - Woud (Official)
© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit. Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf. Die nuwe album, Dryf, beskikbaar op alle digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf DOP: Damiane van Reenen Live Footage (Kirstenbosch): Damiane van Reenen Live Footage (Loftus Park): Eric T. Graham Live Footage (Mark's Park): Nathan Editing: Damiane van Reenen Colorist: Jarryd du Toit Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Woud: Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. Lirieke maak die deur oop sit die lig aan jy's die hitte in hierdie huis bel my broers ook sê ek's veilig ons het te lank op die veld gebly ek was 'n kind in die straatlig daar was zombies in die strate jy was hoog in jou kamer met daai borsel in jou hare nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe bring jou denim bring jou vlerke ek wil gaan waar die klowe skeur hou die stuurwiel hou my hart ook dalk is om oor te gaan die beste weg deur ek was 'n kind op my bergfiets ons kon vlieg met die stroompies jy't gaan stap in die berge met daai briewe van jou pa-hulle nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe aan ons lywe, ooh aan ons lywe, ooh ooh, ooh