Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit: Praat en luister - Segment 1, 2 Oktober 2017

Video
03 Oktober

Nadat die omroeper Tumi Morake sterk standpunt ingeneem het oor hoe diskoers gevoer word en in dié spesifieke uitlating apartheid gelykgestel het aan ‘n fiets wat deur boelies afgeneem word en nie in post-apartheid Suid-Afrika die fiets wil deel nie, was die duiwel, alweer, los. Vanaand wil ons nie verder modder gooi oor haar stelling, maar wil ons praat oor ons verlede en of ons werklik weet wat dit was, oor selfvertroue en of ons dit ooit gaan terugkry, maar ook oor hoekom dit lyk of Suid-Afrikaners net weier om te luister na mekaar? My gaste is die historikus dr. Lindie Koorts, adjunkredakteur van die Netwerk24, Jo-Ann Floris en TV-aanbieder, en akteur, Bouwer Bosch. Wees deel van kykNET se Youtube kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!