Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Prontuit 25 Junie: Gesinsmoorde - Segment 2

Video
26 Junie

Prontuit 25 Junie: Gesinsmoorde - Segment 2 Daar is Henri van Breda van Stellenbosch, Don Steenkamp van Griekwastad, Karl Greyvensteyn van Pretoria en Johan Brody van Germiston. Al hierdie mans het een ding in gemeen: hulle het hulle gesinne uitgewis. Is hierdie gesinsmoordenaars bloot psigopate met geen begrip of vermoeë om empatie te voel nie? Word kinders wat hulle gesinslede vermoor met ’n moordgeen gebore of is daar ander faktore wat mense dryf om hulle gesinne wreedaardig af te maai? Op Prontuit gesels ons met professore Dap Louw ‘n kriminoloog en sielkundige, Christiaan Bezuidenhout ‘n kriminoloog en Gérard Labuschagne ’n sielkundige, kriminoloog en voormalige hoof van die polisie se ondersoekende sielkunde-afdeling. Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot. Volg kykNET op Twitter: https://twitter.com/kykNETtv Like kykNET op Facebook: https://www.facebook.com/kyknet Besoek http://kyknet.dstv.com kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie! Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!