Logo

Ompad

Video
16 Augustus

Die lewe is 'n reis, nie 'n bestemming nie. Genre: Romantiese Komedie-Drama Andrea, Chane en Kiki, is saam op Tukkies. Andrea is nie meer seker oor haar verlowing met Sean nie. Kiki ooreed vir Andrea en Chane om m.b.v. haar wêreldkaart-spel op 'n wegbreekvakansie te gaan, sodat Andrea dan oor haar toekoms kan besluit. In haar besope toestand kies Andrea Taipei, die hoofstad van Taiwan. Voor hulle Suid-Afrika verlaat gaan laai Andrea 'n afsê-briefie, tesame met haar verloofring by Sean se woonstel af. In Taipei voel Andrea olik en na 'n paar drankies word sy baie siek . In haar siek en besope toestand besef sy dat sy 'n groot fout gemaak het en is baie angstig om so gou moontlik weer terug in Suid-Afrika te kom om die brief te vernietig en die ring terug te vat., voordat Sean dit kry. Andrea kry die laaste sitplek op 'n vlug, via Mauritius. Chane en Kiki hou by hulle oorspronklike wegbreek planne en na 'n emosionele afskeid, kyk Kiki en Chane hoe Andrea se vliegtuig op die aanloopbaan uit taxi.