Logo
Kampkos slim billboard

Een Saam - Silwerskermfees 2023

Video
02 Junie

Pieter, ’n konserwatiewe pa en wewenaar, lei ’n eensame lewe. Op wat sy vrou, Cecilia, se verjaardag sou wees, spook helder herinneringe aan gelukkiger dae saam met haar en hul kind by hom. Nadat Cecilia oorlede is, het hy vervreem van hul seun, Juan, geraak wat aan geslagsdisforie gely het. Hy kon nie Juan se transisie na Charlize aanvaar nie. Pieter besoek die begraafplaas in rou oor hierdie verliese en tref Charlize aan wat op hom wag. Hier waag hy die eerste onseker treë na versoening en ’n poging om die skade wat hy aangerig het, te herstel.