Logo

Die Lang kat

Video
15 Augustus

Vanuit sy rolstoel hou hy daagliks die lenige kat dop terwyl 'n katastrofiese jaloesie stadig in hom bou. Genre: Drama In 'n ou woonstel sit hy dag na dag voor die venster met 'n boek op sy skoot. 'n Motorongeluk het van hom 'n kwadrupleeg gemaak en daar is weinig anders wat hy met sy tyd kan doen. Die kat lê uitgestrek langs die blompot op die vensterbank en elke nou en dan gluur hy die man met 'n tartende blik aan. Hulle beide wag vir sy vrou om klokslag om 5 uur by die deur in te stap. Die kat se moeitelose behendigheid in kontras met die vasgekeerde lewe wat hy vanuit sy rolstoel moet voer, laat 'n katastrofiese jaloesie stadig maar seker in hom broei.