Logo

Amptelike Lokprent – Sporadies Nomadies

Video
26 Januarie

Vanessa moet noodgedwonge die laaste paar dae van haar matriekvakansie saam met haar vervreemde, sukkelende rock-muso-Pa, Louis, deurbring. Tydens dié kustoer, bevind Vanessa haar in die posisie van sy nie-amptelike roadie en sien sy daagliks hoe Louis, vir 'n steak en bier voor 'n handjie vol mense sy hart uit sing. Vir die eerste keer in jare is pa en dogter eerlik oor die verlede en probeer hulle, langs die pad, in die middel van nêrens, mekaar weer vind.