Logo

Amptelike Lokprent – Net Ons

Video
26 Januarie

Angel en Lorenzo was lank 'n paartjie. Hulle is ook eeue oue vampiere. Angel sukkel om die einde van hulle verhouding te aanvaar en die eensaamheid van die Covid-19 -grendeltyd maak dit nog moeiliker. Sy lok Lorenzo na die Seepuntpromenade, die plek waar hulle destyds ontmoet het, om van sy besittings terug te gee. Lorenzo het dae laas geëet en is sterwenshonger. Hy daag saam met sy nuwe menslike meisie by die Promenade op en daarop was Angel beslis nie voorbereid nie.