Logo

Amptelike Lokprent – Katvis

Video
26 Januarie

Lize het nog nooit te veel van die lewe gevra nie. Sy is meestal gelukkig met haar huwelik, maar Lize het nog altyd daarvan gedroom om 'n ma te wees, en haar en haar man, Willem, wil dit net nie geluk nie. Met gesinsdruk wat saggies erger raak en die tik van die biologiese klok al hoe harder, gooi die nuus van Willem se steriliteit haar identiteit as vrou omver. Wanneer die droom aan skerwe lê, vergeet Lize en Willem van die samelewing se konvensies en beplan om dit steeds ’n werklikheid te maak. Kan hulle die plan deurvoer sonder om hulself in die proses te verloor?