Logo

Wicus se ‘pop tarts’ – bloubessie konfyttertjies

20 Junie

Gebak

5

Probeer gerus Wicus se ‘pop tarts’ oftewel bloubessie konfyttertjies.

Koekedoortjie_Wicus pop tarts
Bestanddele

Bloubessiekonfyt

1 k blou bessies

1 k suiker

1 t suurlemoensap

Deeg

2 k meel

1 e suiker

1 k yskoue botter (in blokkies)

1 eier (groot)

2 e melk

1 eiergeel (geklits)

konfyt (sien resep vir bloubessie konfyt)

kleursel (vir tweede deegmengsel)

roomysstokkies

Glaseersel

1 k versiersuiker

1 eierwit

5 ml water

kleursel

Metode

Deeg (maak twee keer aan)
1. Voorverhit oond na 180˚C. Voer bakplaat met bakpapier uit.
2. Plaas meel en suiker in voedselverwerker. Pols om te meng.
3. Gooi blokkies botter bietjie vir bietjie by en pols tot botter ertjie grootte stukkies in die mengsel ingemeng is. 
4. In ’n beker klits eier en melk saam, gooi die melk mengsel by die meelmengsel en blits. 
5. Haal die deeg uit en hou eenkant onder ’n skoon doek. 
6. Maak nou die gekleurde deeg. Volg die resep soos bo, maar klits die kleursel by die eier en melk in.
7. Rol die stukke deeg 1 - ½ cm dik in reghoekvorm uit en sit bo-op mekaar, rol styf op. Plaas in plastieksak en verkoel in die yskas vir 20-30min.
8. Sny die rol in dun skywe en rol elke skyf uit tot ½ cm dik. Dit sal dan verskillende kleur ringe maak. Druk liggies uit met ronde koekdrukker van 7.5 cm.
9. Skep 1 t konfyt en smeer in middel. Los die randjie oop en verf dit met eiergeel.  
10. Sit nog ’n vel deeg op. Druk met drukker uit en kyk dat dit goed seël.
11. Druk merkies met ’n vurk reg rondom. 
12. Druk plat stokkies effens in onderste deeg – druk die stokkie ook eers in die eiermengsel.
13. Bak 180˚C vir 15 min tot goudbruin. Haal uit die oond  en laat heeltemal afkoel in die pan voor jy dit uitlig.
14. Versier net glaseersel.

Bloubessiekonfyt
1. Druk die vrugte stukkend en plaas in die kastrol saam met die suiker en suurlemoensap.
2. Kook vir 5 – 7 min terwyl jy roer sodat dit nie brand nie.

Glaseersel
1. Meng die versiersuiker, eierwit en water saam.
2. Voeg kleursel by.
3. Skep in spuitsakkie en knip ’n klein puntjie af. Spuit In ’n spiraal op die tertjies.

Koekedoortjie_resep
Elsje-mari se suurlemoen-lawapoeding
2018-06-06

Elsje-mari se suurlemoen-lawapoeding