Logo

Voorgereg van beet, bessies + basiliekruid – Nataniël.Erik.Wolf.

07 November

Maak vier porsies

Ongebak

Begin enige geselligheid met 'n nagereg soos hierdie - dit is lekker op die oog en streel ook die maag.

Voorgereg van beet, bessies + basiliekruid
Bestanddele

2 medium-grootte bete, gekook, geskil en afgekoel

200g swartbessies, bloubessies (of gemeng)

4 eetlepels botter

2 eetlepels suiker

12 - 16 pistasieneute

60g harde skaapmelkkaas

12 blare basiliekruidblare (of salie)

seesout

grofgemaalde swartpeper

olyfolie

Metode

Druk bessies liggies met ’n vurk tot dit bars.

Laat prut bessies, botter en suiker vir 10 minute oor matige hitte tot verdik, verwyder en laat afkoel.

Sny beet in 3 - 4cm stukkies.

Plaas 2 - 3 eetlepels bessiesous op individuele opdienborde en sprei egalig uit met agterkant van lepel.

Rangskik 4 - 5 stukke beet bo-op.

Skil kaas dun en voeg 3 - 4 stukkies by.

Voeg 3 - 4 pistasieneute by.

Geur met seesout en peper.

Garneer met basiliekruid en bedrup met olyfolie.

Gebraaide rys met dadels, borrie en kruie
Gebraaide rys met dadels, borrie en kruie – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Gebraaide rys met dadels, borrie en kruie – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte