Logo

Veelsydige tamatiesous vir pasta (en spens)

03 April

4–6 persone

Italiaans

368301

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Tamatie pasta
Bestanddele

500 g Pasta gekook

1 Ui gekap

1/4 koppie Olyfolie

4 huisies Knoffel

4 blikke Tamatie

1 eetlepel Ansjovis

Sout & Peper na smaak

Parmasaankaas vir opdien

Metode

Braai die ui in die olie tot goudbruin.

Voeg die tamatie, knoffel en ansjovis by en kook vir so 30 minute.

Geur goed met sout en peper.

Roer die pasta deur die sous en bedien met parmesaankaas.

Vars basilie sal ook heerlik saam met dit gaan. Sous hou ook goed in yskas vir ‘n week en kan by enige tamatiegereg, bv bolognese, moussaka of tamatiekos, bygeroer word.

Gewildste Resepte