Logo

Steak-sosaties in ’n bier-marinade

17 September

Braai

Hier is ’n idee vir jou volgende braai!

Toks en Tjops resep
Bestanddele

1.2 kg rump steak in blokkies gesny

Vir die marinade:

1 bottel Windhoek Draught

150 ml Jimmy’s-sous

2 e Six Gun-speserye

2 huisies knoffel fyngemaal

2 e Dijon-mostert

1 e Worcestersous

Kosher sout

Metode
  1. Meng die bestanddele vir die marinade in ’n bak en marineer die steak vir minstens twee ure. Week die sosastiestokkies in water. Ryg steak in die sosatiestokkies.  
  2. Berei die rooster voor die medium direkte hitte en braai tot gaar, ongeveer drie minute per kant vir medium. Bedruip met mosterd en bedien warm.
Steaks gevul met feta en olywe[1]
Toks & Tjops Poster
2019-09-13

Steaks gevul met feta en olywe

Gewildste Resepte