Logo

Steak-burger

23 September

Braai

Hier is 'n idee vir volgende naweek se braai!

Skirt steak burger[1]
Bestanddele

700 - 1000 g 'skirt' steak

Smeer vir die vleis:

1 tamatie

radyse

slaaiblare

4 ciabatta-rolletjies

1.5 e Paprika

1 e Muscavado-suiker

0.5 t Witpeper

1 e Gemengde-peper

1.5 e Knoffelsout

0.5 e Gemmerpoeier

0.5 e Uiepoeier

1 t Chillipoeier

1 t Komyn

0.75 t Selderysout

1.5 t All-spice

Vir die uie-marmelade:

2 uie Groot

2 e olie

1 e bruinsuiker

50 ml esdoringstroop (maple syrup)

1 e gerookte peper

sout

5 e balsamiese asyn

Metode
  1. Haal die steak ’n uur voor jy braai uit die yskas. Meng al die bestanddele vir die smeer en vryf die steak sorgvuldig in. Skil en sny die uie in ringe. Was die tamatie, radys en slaaiblare. Sny die tamatie en radyse in skyfies.
  2. Berei die braai vir direkte-hitte voor, ongeveer 200°C. Braai die steak vir ongeveer 4 minute aan beide kante. Haal af en laat dit vir 5 tot 10 minute rus.
  3. Plaas die bak (Dutch oven) op die rooster. Maak die olie warm en plaas die uie in; geur dan met suiker, stroop, peper en sout. Wanneer die uie geglasuur is, voeg die asyn by en braai tot die uie die asyn geabsorbeer het. Rooster intussen die rolletjies.
  4. Sny die steak teen die grein en plaas op die rolletjies. Voeg die slaaiblare by en dan die uie, radyse en tamatie.
Toks en Tjops resep
Toks & Tjops Poster
2019-09-17

Steak-sosaties in ’n bier-marinade

Gewildste Resepte