Logo

Spanakopita

16 Oktober

6 - 10 porsies

Braai

3

'n Griekse fees vir die hele gesin! 

Untitled design (9)
Bestanddele

Vir die spanakopita:

1 sopie olyfolie

1 uit, fyngekap

600 g babaspinasie

200 g feta

4 eiers, liggies geklits

1 t sout

1 t swartpeper

2 pakkkies skilferkorsdees, 400g elk, ontdooi

Metode

LAAT WAAI!

  1. Spinasie het gewoonlik nog sand in. Spoel dit deeglik af om van al daardie sand ontslae te raak en skud dan al die water af. Kap nou die spinasie op met jou skerpste, nuutste en blinkste mes.
  2. Gebruik jou grootste pan en braai die ui in die olie tot sag en goudbruin. Gooi nou die spinasie by. Aanvanklik sal dit heelwat volume hê en dalk sukkel om in die pan te pas, maar dit sal vinnig krimp soos dit begin gaar word en verlep. Laat dit so ‘n paar minute kook totdat die meeste van die water wat deur die spinasie vrygestel is, afgekook het. (As jy ‘n stoof het, kan jy dié hele stap maar op hom doen. Die spanakopita sal later in elk geval sy braai geur kry.) Haal van die hitte af en gooi die gebraaide uie-en-spinasie mengsel in ‘n groot mengbak.
  3. Krummel die feta in die mengbak en voeg dan die eiers, sout en peper by. Meng deeglik.
  4. Rol die skilferkorsdeeg oop en strooi elke vel liggies met meel aan die een kant – die kant wat aan die buitekant gaan wees. Dit sal keer dat die deeg aan die rooster vassit. Indien jy nie meel byderhand het nie, kan jy ook maar net die rooster liggies olie. Sit een vel versigtig aan die binnekant van ‘n toeklap rooster. Skep die vulsel op en versprei dit egalig oor die deeg, maar los 2 cm aan die kante oop, amper soos die kantlyn van ‘n rugbyveld. Verf die rand met ‘n bietjie water. Sit nou die tweede vel bo-op die een met die vulsel. Gebruik jou hande of ‘n vurk se plat tande om die rande versigtig aan mekaar vas te druk sodat dit seël (die water help dat die velle deeg aan mekaar kleef ). Steek met ‘n mes of vurk ‘n paar klein gaatjies in die pastei sodat hy stoom kan vrystel terwyl hy bak.
  5. Knyp die rooster versigtig toe en braai die spanakopita op medium kole met die rooster redelik hoog gestel vir omtrent 20 tot 25 minute totdat die deeg goudbruin en gaar is. Moenie te vinnig braai nie, want dan is daar ‘n goeie kans dat jy die kors sal verbrand. Terwyl jy braai, lig jy die boonste helfte van die rooster telkens effens op, weg van die oppervlak van die deeg af, om te keer dat die deeg deur die rooster se gate rys.
  6. Wanneer hy reg is, haal jy die pastei versigtig van die rooster af en sit hom op ‘n hout snyplank. Sny in vierkante of driehoeke. Spanakopita, ‘n klassieke Griekse gereg, kan jy met groot sukses braai deur matige kole en ‘n toeklap rooster te gebruik. Dis seker nie nodig om te noem nie, maar jy bedien die spanakopita saam met gebraaide Griekse lamsboud en Griekse slaai (sien Vuurwerke vir albei die resepte). Opa!

 

Botterskorsie en klappermelk -risotto – Jan Braai vir Erfenis
Poster 320x480
Sub Titel

Botterskorsie-en-klappermelk-risotto

Gewildste Resepte