Logo

Soetpatat-tjips

03 September

Vegetaries

4

Dié heerlike soetpatat-gereg is tydens ’n episode van Slank 3 voorberei. 

Sank Soetpatat-tjips
Bestanddele

3 groot soetpatats

olyfolie om te bedrup

4 e klapperolie of avokado-olie om mee te braai

Italiaanse kruie

knoffelsout

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 190 °C.
  2. Was die soetpatats en sny dit in die helfte. Pak dit uit op ’n gesmeerde bakplaat en bedruip met olyfolie (snykante na onder).
  3. Bak vir 25 tot 30 minute.
  4. Koel effens af en verwyder die skil. Laat toe dat daar ’n lagie van die patat-vesel saam geskil word.
  5. Verhit die helfte van die avokado-olie in ’n pan op medium hitte. Braai die skille, gesnyde kant na onder, vir een tot twee minute. Draai om en braai vir nog een minuut.
  6. Skep uit op handoekpapier en bestrooi met sout en kruie.
Slank_Rustic Victory Brood
‘Rustic Victory’-brood
3 September 2018

‘Rustic Victory’-brood