Logo

Slank: Aarbei-roomys en wafels

19 Desember

4 Porsies

Vir gewigsverlies

4

Kry die resep vir aarbei-roomys en wafels, wat in ’n episode van Slank voorberei is, hier.

Slank-aarbei-roomys-en-wafels-1
Bestanddele

GM:

50 g aarbeie

1 ml Slender Wonder-versoeter

1/2 heel aarbei

1/2 skeppie Slender Wonder se romerige nagereg basis

2 Provitas

100 g maaskaas

2 ml Slender Wonder-versoeter

2 ml vanielje-ekstrak

1 druppel voedselkleursel

5 ml gelatienpoeier

20 ml water

MN:

100 g aarbeie

2 ml Slender Wonder-versoeter

1 heel aarbei

1/2 skeppie Slender Wonder se romerige nagereg basis

4 Provitas

200 g maaskaas

4 ml Slender Wonder-versoeter

4 ml vanielje-ekstrak

1 druppel voedselkleursel

10 ml gelatienpoeier

40 ml water

SB:

50 g aarbeie

1 ml Slender Wonder-versoeter

1/2 heel aarbei

1/2 skeppie Slender Wonder se romerige nagereg basis

2 Provitas

100 g maaskaas

2 ml Slender Wonder-versoeter

2 ml vanielje-ekstrak

1 druppel voedselkleursel

5 ml gelatienpoeier

20 ml water

ST:

75 g aarbeie

1.5 ml Slender Wonder-versoeter

1 heel aarbei

1/2 skeppie Slender Wonder se romerige nagereg basis

4 Provitas

150 g maaskaas

3 ml Slender Wonder-versoeter

3 ml vanielje-ekstrak

1 druppel voedselkleursel

7 ml gelatienpoeier

30 ml water

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

 

Vir die wafels:

  1. Hou die een vars aarbei eenkant vir garnering en sny die res van die aarbeie op. Droog die aarbeie af met ‘n handoekrol indien dit te waterig is. Sprinkel die versoeter oor die aarbeie.
  2. Berei Slender Wonder se romerige nagereg basis.
  3. Nadat die basis met gelatien gekombineer is, vou die aarbeie in die basis in.
  4. Spuit ‘n groot stuk kleefplastiek met kleefvrye-sproei (Original Spray & Cook).
  5. In die middel van die kleefplastiek, plaas jy die aarbei-basis in ‘n 3cm x 8cm vierkant, omtrent 2 cm hoog. Gebruik ‘n klein broodpannetjie om te vorm.
  6. Vries op ‘n bak, pan of enige plat voorwerp vir twee ure of langer totdat dit stol.
  7. Haal die kleefplastiek versigitg af.
  8. Gebruik ‘n eierspaan en plaas die basis tussen die twee Provitas.
  9. Bedien ongeveer ‘n uur na voorbereiding sodat die Provitas effens sag raak, maar nie pap nie.
  10. Garneer met vars aarbei

 

Vir die romerige nagereg:

  1. Kombineer die maaskaas, versoeter, kleursel en geursel vir 5 tot 7 minute in ‘n voedselverwerker op matige spoed.
  2. Berei die gelatien voor.
  3. Terwyl die voedselverwerker op lae spoed hardloop, dreineer die gelatien deur ‘n sif en voeg die maaskaas-mengsel by. Meng vir 1 tot 2 minute.
  4. Skep die mengsel in twee glase.
  5. Bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 4 ure of langer.

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by ‘n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-12-15

Appel-en-kaneel-plaatkoekies

Gewildste Resepte