Logo

Sagopoedding

31 Oktober

4 – 6 persone

Braai

4

Sagopoeding is soos my broers en susters: Ek het daarmee grootgeword en my ouers is lief daarvoor.

Episode 18 Sago Pudding
Bestanddele

1 l Melk

1 koppie Sago

1/2 koppie Suiker

2 sopies Botter

1 Kaneelstokkie

3 Eiers

1 teelepel Vanieljegeursel

4 sopies Appelkooskonfyt

Kaneelsuiker

Metode
  1. Gooi die melk en sago in jou platboompotjie en roer. Sit die deksel op en laat dit vir minstens 1 uur staan. Langer is ook heeltemal reg.
  2. Na ‘n uur (of langer) voeg jy die suiker, botter en kaneelstokkie by die sago en melk en roer alles saam. Die botter sal natuurlik nie nou saam met die koue bestanddele oplos nie.
  3. Sit die potjie op die vuur (kole of vlamme) en kry dit aan die prut sonder die deksel. Reguleer die hitte (jy sal dalk ‘n paar kole of vlamme onder die pot moet uitskuif ) en laat die potjie rustig prut vir omtrent 15 minute totdat die korrels geswel het en die sago amper deurskynend is. Moenie met ander dinge ook besig wees nie, want melk kan maklik oorkook – jy is gewaarsku. As jy ‘n fout moet maak, laat dit eerder te lank prut as te kort, maar moet dit asseblief nie laat oorkook of brand nie. Haal die potjie van die vuur af en laat dit vir minstens 10 minute afkoel met die deksel op (langer as 10 minute is ook aanvaarbaar).
  4. Klits die eiers en vanieljegeursel tot goed gemeng en lig. Gooi die mengsel by die sago terwyl jy aanhoudend roer.
  5. Skep lepels vol appelkooskonfyt bo-op die sagomengsel in die potjie en strooi kaneelsuiker oor.
  6. Sit die deksel op en bak vir 30 minute deur kole onder die potjie in te krap en ook bo-op die deksel te pak.
    EN ... Om kaneelsuiker te maak, meng jy 1 teelepel fyn kaneel deeglik met 2 sopies suiker.
Episode 17 Fillet en Beenmurg burger
Jan Braai
Sub Titel

Filet- en murgbeenburger

Gewildste Resepte