Logo

‘Rustic Victory’-brood

03 September

Gebak

3

Probeer gerus dié brood-resep, soos voorberei in ’n episode van Slank 3.

Slank_Rustic Victory Brood
Bestanddele

8 e klappermeel

3 e lynsaad-meel

1 e xylitol of erythritol (opsioneel)

1 e sout

2 t bakpoeier

Nat bestanddele:

2 e psyllium husk-poeier

2 e psyllium husk-poeier

6 groot vryloop-eiers

4 e gewone volroom joghurt of klappermelk

4 e amasi of klappermelk

2 e appelasyn

avokado-olie of botter

Metode

Hierdie is ’n neut-vrye weergawe wat goue lynsaad-meel gebruik.

  1. Voorverhit die oond teen 190 °C.
  2. Meng al die droë bestanddele saam, maak seker dat die bakpoeier en psyllium husk-poeder deeglik in die droë basis gemeng word.
  3. In ’n aparte mengbak, kombineer al die nat bestanddele en klits vinnig vir ongeveer 15 sekondes.
  4. Maak ’n gatjie in die droë bestanddele en voeg die nat bestanddele by – meng goed. Laat die deeg vir twee tot drie minute staan totdat al die nat bestandele geabsorbeer is.
  5. Skep die deeg op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is, en vorm sagkens in ’n ronde of ovaalvorm. As die deeg te nat is om te vorm, giet dit dan in ’n silikoon of gesmeerde broodpan.
  6. Bake vir 45 minute.
Slank Pesto pasta
Romerige kohlrabi-pesto-pasta
3 September 2018

Romerige kohlrabi-pesto-pasta