Logo

Rustic pizza in ’n pan

Italiaans

5

'n Tuisgemaakte gunsteling

IMG 6775
Bestanddele

Vir die bolaag:

350 g Zucchini in linte gesny

Druiwepitolie

1 eetlepel Olyfolie

Seesout

100 g Mozzarella

Parmesaankaas

Gemengde vars kruie

Swartpeper grof gemaal

Balsamreduksie

Vir die kors:

200 g Bruismeel

500 g Bruinbroodmeel

1 teelepel Sout

2 eetlepels Druiwepitolie

1/2 koppie Vetvrye melk

Metode

Vir die kors:

  • Meng mele en sout in ’n mengbak
  • Maak holte in die middel en gooi olie en melk by
  • Meng van buitekante na binne met ’n vurk
  • Gebruik hande en meng deeg tot ’n bal vorm
  • Bedek en laat staan vir te minste 30 minute

Vir die bolaag:

  • Verhit 1 eetlpl druiwepitolie in riffelpan en braai zucchini tot goudbruin, hou eenkant
  • Sny pizza deeg in helfte, rol een deel uit tot grootte van panbodem
  • Verhit net genoeg druiwepitolie om panbodem te bedek (lae tot medium hitte)
  • Plaas pizza in pan en braai tot goudbruin aan onderkant
  • Draai om en breek onmiddellik helfte van mozarella oor
  • Rangskik helfte van zucchini bo-oor
  • Strooi helfte van Parmesaan oor
  • Plaas deksel op vir 1 minuut
  • Plaas pizza op bord
  • Plaas vars kruie en dun skyfies Parmesaan bo-op
  • Geur met swartpeper en bedrup met balsamreduksie
  • Herhaal proses vir tweede pizza
IMG 6761
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Juweelslaai

Gewildste Resepte