Logo

Romerige kohlrabi-pesto-pasta

03 September

Pasta

4

Probeer gerus dié heerlike pasta-dis, soos voorberei in ’n episode van Slank 3.

Slank Pesto pasta
Bestanddele

Kohlrabi-pesto-pasta

peper na smaak

500 - 600 g kohlrabi geskil en ‘spiralised’

1 k room of klapperroom

4 - 5 e pesto van jou keuse

1 - 2 k oorskiet hoender gekap of gekerf (opsioneel)

olyfolie om te bedrup

swartpeper na smaak

Pesto:

3 k groente en/of kruie

1/4 k geroosterde neute of sade van jou keuse

1/2 huisie knoffel geskil

1/4 k kaas gerasper

sout of suurlemoensap na smaak

Metode

Vir die pesto (lewer ongeveer 1 koppie):

  1. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en pols vir 15 sekondes of tot goed gemeng en redelik glad.
  2. Stoor in yskas met ’n deksel op vir drie tot vier dae.

Vir die kohlradi-pesto-pasta (lewer 4 porsies):

  1. Bring drie tot vier koppies water en ’n knippie sout in ’n groot pot op medium-hoë hitte tot kookpunt. Kook die ‘spiralised’  kohlrabi vir sowat drie tot vier minute tot net sag, maar nie so sag dat dit breek nie. Dreineer.
  2. Meng die room en pesto saam in ’n aparte pot en laat dit vir drie tot vier minute op medium hitte prut en verdik. As jy hoender by die resep wil voeg, voeg dit nou by en laat dit vir een minuut in die room prut.
  3. Voeg die kohlrabi-pasta by die sous en vou dit versigtig totdat dit volledig gemeng is. Sit elke porsie voor met ’n lagie kaas, olyfolie en gemaalde swartpeper.

Wenk:
Indien jy sukkel om kohlrabi te vind, kan jy rape gebruik, maar soteer hulle in ’n bietjie olyfolie vir vier tot vyf minute, eerder as om hulle te kook.

Slank-aarbei-roomys-en-wafels-1
Slank: Aarbei-roomys en wafels
19 December 2016

Slank: Aarbei-roomys en wafels