Logo

Rib-eye met sampioen-gevulde pap

22 Mei

4 Porsies

Braai

4

Dié rib-eye met sampioen-gevulde pap is tydens 'n episode van Toks en Tjops voorberei. 

Toks en Tjops Rib-eye
Bestanddele

Vir die brokkoli-en-amandelslaai:

1 pak brokkoli

150 g groenbone vars

50 g parmesaan-kaas

1 suurlemoen versap

75 ml olyfolie

1 t suiker

1/2 t sout

Vir die pap gevul met bruinsampioene:

3 k water

2 k mieliemeel

50 g cheddarkaas gerasper

1 sprietui fyngekap

4 groot bruinsampioene

sout

peper

Vir droë spesery-smeer:

1 t paprika

2 t sout

1 t swartpeper gemaal

1 t koljander gemaal

1 t komyn gemaal

Metode
  1. Berei ʼn vuur van medium hitte voor.

Vir die sampioene:

  1. Om die pap te maak, plaas ʼn groot souspan op die vuur en laat 3 koppies water kook. Voeg 1 koppie mieliemeel en sout by en bedek. Verminder die hitte tot medium-laag en los die pap vir 8 tot 10 minute. Moenie roer nie.
  2. Haal die deksel af en roer goed tot glad en egalig.
  3. As die pap te droog is, voeg ʼn bietjie meer water by en roerweer. Voeg die kaas en sprietui by en geur.
  4. Verwyder die stingels van die sampioene, plaas omtrent 2 eetlepels papmengsel in elke sampioen en laat die papmengsel afkoel en set.
  5. Plaas die sampioene op die rooster en braai tot sag.

Vir die rib-eye:

  1. Meng al die bestanddele vir die droë spesery-smeer in ʼn bak saam en smeer dit in die vleis en plaas eenkant.
  2. Plaas die rib-eye op die rooster met medium kole. Kook totdat die verwagte temperatuur bereik is, afhangend van die dikte van die steak. Plaas eenkant, bedek met aluminiumfoelie en laat rus vir 5 minute.

Vir die gebraaide bone en brokkoli:

  1. Besprinkel die brokkoli en bone met olyfolie en geur.
  2. Plaas op die rooster en laat braai aan albei die kante. Verwyder van die kole en plaas eenkant.
  3. Voeg suurlemoensap en die oorblywende olyf olie saam in ʼn mengbak. Roer saam tot goed gemeng.
  4. Geur met sout en peper na smaak.
  5. Gooi die slaaisous bo-oor die brokkoli en bone.

Om te bedien

  1. Sny die rib-eye en plaas op ʼn groot bord saam met die gebraaide sampioene.
  2. Garneer met parmesaan-kaas.

Gesondheidswenk:

  1. Brokkoli is hoog in vitamiene K, bevat meer vitamiene C as sitrusvrugte, en is ʼn goeie bron van beta-karotien, kalium en B-vitamines.
Varkrib
Varkrib met lemmetjie- en klapperrys
2017-04-15

Varkrib met lemmetjie- en klapperrys

Gewildste Resepte