Logo

Hoender Ramen

02 April

4-6 persone

Pasta

449314

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Hoender ramen noodles01
Bestanddele

1 karkas Hoenderbene

2 Uie gekap

4 Wortels geskil & gekap

2 stingels Seldery gekap

2 takkies Tiemie

2 Loerierblare

2-3 L Water

1 Duim Lengte Vars Gemmer gesny in stokkies

3 eetlepels Soja-sous

1 teelepel Sesame Olie

2 nessies Eier Noodles (of 2 minute noodles)

1 hand Vars Koljander

2 Sprietuie gekap

4 Eiers sag gekook

Metode

Om die aftreksel te maak:

Sit die hoenderbene, uie, wortels, seldery, tiemie en loerier saam in ’n groot pot.

Bedek met water.

Kook oor ’n lae hitte saam vir so uur of twee.

Nou vir die res:

Skep al die bene en groente uit, krap die vleis af wat van die bene afval en sit terug by aftreksel.

Voeg dan die gemmer, soja-sous, sesame olie en noodles by en kook vir so 10 minute tot die noodles gaar is.

Skep in bakkies en bedien met sprietuie, vars koljander en ’n saggekookte eier.