Logo

Prettige ontbyt balle

20–30 balle

Glutenvry

457793

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

<p>Onbyt balle</p>
Bestanddele

350 g Droë Pitlose Dadels

1 koppie Pampoensade gerooster

3 eetlepels Kakao

1/2 koppie Gronboontjiebotter

1/2 koppie Muesli

1/2 koppie Rice Krispies

1 teelepel Vanielje

(opsioneel) Rice Krispies vir rol

Metode

Week die dadels in kookwater vir so 10 minute.

Rooster die pampoensade in ’n droë pan oor matige hitte tot hulle begin pop - dit neem so 10 minute.

Verwerk die pampoensade in ’n verwerker tot fyn, gooi in ’n groot bak.

Verwerk die dadels tot glad.

Meng nou al die bestandele saam tot dit goed gemeng is - die mengsel behoort taai genoeg te wees om bolletjies te rol.

Rol okkerneutgrote balletjies en rol dan in (opsioneel) rice krispies, kakao, 100s and 1000s, ens.

Hou in die yskas vir ’n lekker snoepie.

Gewildste Resepte