Logo

Pizza in 'n potjie

1 Pizza

Braai

3

'n Boere-spin op 'n Italiaanse gunsteling

Episode 12 Pizza in Potjie
Bestanddele

Vir deeg:

2 koppies Meel

1 sopie Suiker

1 teelepel Sout

1 pakkie Droë kitsgis

1 koppie Louwarm water

Vir pizza:

1 bottel Napolitana/Tamatiesous

1 blok Mozzarellakaas

Salami

Feta

Vars Kruie

Metode
  1. Meng die meel, suiker, gis en sout saam. Voeg die water bietjie vir bietjie by, meng en knie die deeg met jou hande totdat dit begin vorm nee. Strooi meel op n plat oppervlakte en knie die deeg met jou hande vir so 5 minute tot dit glad en elasties is.
  2. Gebruik jou koekroller of n bottelwyn om die deeg in n plat ronde pizza te rol.
  3. Berei jou potjie voor met kleefwerende kossproei en bedek die onderkant van die potjie met bakpapier.
  4. Plaas die deeg binne die potjie en sit die deksel op. Plaas die potjie op medium warm kole en sit ook n paar kole bo op die deksel. Laat die deeg bak vir so 10 - 15 minute tot dit effe bros en bruiner is.
  5. Haal die potjie van die vuur af, en beek met tamatiesous, kaas, salami en kruie. Plaas die deksel weer op en gaan terug vuur toe en bak weer vir 10 minute met kole bo op die deksel totdat die kaas gesmelt is en alles lekker warm en bros.
  6. Haal die pizza uit die potjie en sny in stukke op n houtplank en geniet dadelik met ekstra vars kruie.
Episode 11 Varknek kerrie
Jan Braai
Sub Titel

Varknek kerrie

Gewildste Resepte