Logo

Peri-Peri Skilpadjies

Braai

327093

Peper-lekker Skilpadjies

<p>Peri-Peri Skilpadjies</p>
Bestanddele

6 Skilpadjies

1/2 koppie Olie

8 huisies Knoffel fyn gekap

1 sopie Paprika

1 teelepel Chilli Poeier

2 Vars Rissies fyn gekap

1 teelepel Sout

1/2 koppie Asyn

1 suurlemoen Vars Suurlemoensap

1 Brood

Metode

LAAT WAAI

Maak 'n groot vuur en begin deur die skilpaadjies op ‘n rooster te braai oor warm kole tot medium gaar. Hulle gaan weer in die pan kook, so moet hulle dus nie oorbraai nie.

Verhit die olie in 'n vuurvaste pan en voeg die knoffel, paprika, rissie poeier, sout, vars brandrissies en asyn by en laat dit rustig prut vir 'n paar minute.

Voeg die skilpadjies by die pan en braai hulle oor hoë hitte vir omtrent 5 minute tot hulle lekker bruin is aan albei kante.

Draai die skilpaadjies gereeld om en geur hulle met vars suurlemoensap aan die einde net voor dit reg is.

Bedien dit direk uit die pan met groot stukke vars brood wat gerooster is oor die kole.

Blesbok Stroganoff
Jan Braai
2020-02-24

Blesbok Stroganoff

Gewildste Resepte