Logo

Patatpasta

16 November

4 Porsies

Pasta

712256

Hierdie heerlike patatpasta is in ’n uitsending van Edik van Nantes 2 voorberei. Kry die resep hier.

EVN2-Ep06-PATATPASTA-1
Bestanddele

2-3 groot, rou patats

80 g bloukaas

40 g parmesaan

100 g ongesoute botter

2 e pietersielie

roket

suurlemoensap

Metode

 

  1. Gebruik 'n spiraalsnyer en vorm spirale uit die patats, ongeveer die dikte van normale spaghetti.
  2. Verhit die botter in een groot of 2 kleiner panne.
  3. Voeg die patatspirale by sodra die botter begin skuim en braai vir ongeveer 5-7 minute, tot die patat sag is maar steeds ferm. (Dit is nie 'n krisis as die botter brand nie!).
  4. Voeg pietersielie 30 sekondes voor die einde by.
  5. Verdeel tussen borde en bedek met parmesaan en bloukaas.
  6. Versier met kruie en baie swartpeper.
  7. Indien verlang, meng 2 eetlepels suurlemoensap met 4 eetlepels olyfolie en drup bo-oor.
EVN2-Ep06-HOENDER-MET-VINKEL-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-16

Hoender met vinkel