Logo

Oondegebraaide skaapboud met braaiaartappels

11 Desember

Lewer 6–8 porsies

Italiaans

Ek het my kinders van kleins af geleer dat die tinsel en Kersklappers nie so belangrik is as om vir baie mense te dek nie.

3
Bestanddele

Vir die vleis;

1 groot skaap- of lamsboud

15 ml sout

15 ml droë mosterd

25 ml botter of olyfolie

2 takkies roosmaryn

Metode

Ons vind voor die tyd uit wie alleen gaan wees en nooi hulle, want niemand moet eensaam voel in hierdie tyd nie. Kersdag word ligter geëet aan die koue vleise van die vorige aand, saam met rooihakskeentjies en kerriebone uit die spens en groot bakke slaai.

 

Tip: Ek braai altyd my aartappels saam met die vleis. Ek sit die geskilde aartappels ongeveer 1 uur voordat die vleis gaar is in die oondbraaipan. Rol dit in die vleissous sodat dit oraloor bedek is

en geur behoorlik met sout.

 

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Vee die buitekant van die vleis met ’n klam lap af.

Meng die sout, mosterd, botter en vryf dit in die vleis in.

Sit die roosmaryntakkies onder in ’n oondbraaipan en plaas die vleis bo-op.

Oondbraai die skaapboud ongeveer 45 minute lank, draai die vleis om en braai vir nog 45 minute.

Bedek die vleisbak met tinfoelie en bak verder tot die vleis sag en

bruin is. Bereken ongeveer 40 minute per 1 kg vleis, plus 20 minute ekstra.

Bedruip die vleis af en toe met die vet in die pan.

 

Mrs J. se tips:

Moenie die vleis met ’n vurk steek wanneer dit omgedraai word nie.

Laat die vleis minstens 20 minute staan voordat dit gesny word.

Suidooster
Suidooster Poster2
2019-12-11

Botterskorsie-doughnut-balletjies met kaneelglaseersel

Gewildste Resepte