Logo

Nix se maankoek

27 Junie

Gebak

5

Jy sal dol wees oor dié unieke maankoek. 

Koekedoortjie_Nix
Bestanddele

Botterversielsel

500 g botter

1 kg versiersuiker

5 ml vanieljegeursel

Ganache

650 g donker sjokolade

500 ml room

Makrolletjies

2 groot eierwitte

71 g amandelmeel

117 g versiersuiker

53 g witsuiker

Gel-voedselkleursel

Rooi fluweelkoek

625 ml meel

375 ml suiker

30 ml kakao

5 ml bakpoeier

5 ml sout

375 ml kookolie

250 ml karringmelk

5 ml vanieljegeursel

2 eiers

kleursel (rooi)

Sjokoladekoek

375 ml kakao

750 ml water

12 groot eiers (geskei)

900 g suiker

235 ml kookolie

15 ml vanieljegeursel

750 ml meel

45 ml bakpoeier

6 ml sout

Sjokoladeskerwe

500 g wit sjokolade

blinkers (eetbaar)

Skuimpies

3 groot eierwitte

sout (knippie)

5 ml kremetart

250 ml versiersuiker

2,5 ml vanilla

Gel-voedselkleursel

Metode

Die spesiale geleentheidskoek bestaan uit die volgende elemente:
• Sjokoladekoek
• Rooi fluweelkoek
• Makrolletjies
• Skuimpies
• Ganache
• Botterversiersel
• Sjokoladeskerwe

Sjokoladekoek
1. Skakel oond aan op 180 ˚C en berei 5 koekpanne voor met bakpapier en kleefwerende middel.
2. Kook die water en klits die kakao by, sit eenkant om af te koel. Klits die eierwitte en suiker saam tot dit ’n liggeel mengsel vorm.
3. Voeg die kakaomengsel, kookolie en vanieljegeursel by en meng deeglik in.
4. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout ook by en meng weer deeglik in.
5. Klits eierwitte styf en vou met ’n metaallepel in.
6. Verdeel die deeg gelyk tussen die panne en bak elkeen vir 25 tot 30 min.
7. Keer uit panne en laat afkoel.

Rooifluweel koek
1. Berei 3 oondpanne voor met bakpapier en kleefwerende midddel.
2. Sif die droë bestanddele saam en klits al die nat bestanddele in aparte bakke.
3. Meng dan saam en klits vir 2 minute op hoë spoed. 
4. Verdeel gelyk tussen die panne en bak vir 25 tot 30 minute.
5. Keer uit en laat afkoel.

Skuimpies
1. Stel oondtemperatuur op 120 ˚C.
2. Voer bakplaat met bakpapier uit.
3. Klits eierwitte, sout en kremetart saam tot styf, maar nie droog nie.
4. Voeg strooisuiker lepelsgewys by en voeg geursel voor die laaste twee lepels suiker by.
5. Verdeel die beslag in die helfte.
6. Kleur een helfte grys, los die ander helfte wit.
7. Plaas in spuitsak en spuit in verskillende groottes in reëndruppelvorms op ’n plaat met bakpapier op en bak vir 50 tot 60 min.

Makrolletjies
1. Stel oond op 170 ˚C. Voer bakplaat met silikonmat (Silpat) uit.
2. Meng versiersuiker en amandelmeel saam in ’n voedselverwerker.
3. Klits eierwitte saam en voeg suiker in. Voor dit heeltemal styf geklits is, voeg grys kleursel by.
4. Vou die twee mengsels saam tot dit stadig by die die agterkant van ’n houtlepel afloop.
5. Plaas in spuitsak en spuit verskillende groottes makrolletjies op ’n bakplaat met ’n silikon matjie op. 
6. Laat staan totdat daar ’n dun lagie bo-op vorm.
7. Bak vir 13 min of tot gaar. 
8. Laat afkoel en haal van matjie af.

Botterversiersel
1. Klits die botter vir 6 min op hoë spoed in ’n menger.
2. Voeg versiersuiker by en klits vir nog 9 min.
3. Voeg geursel by en klits tot net gemeng.
4. Kleur helfte daarvan donker grys en los die ander helfte wit.
5. Plaas in ’n spuitsak.

Ganache
1. Verhit sjokolade en room in die mikrogolf tot warm en die sjokolade gesmelt is.
2. Meng saam en laat afkoel en dikker word.

Sjokoladeskerwe
1. Temper die sjokolade en smeer ’n 5-7 mm dik laag sjokolade op ’n silikon matjie uit.
2. Strooi blinkers op en verkoel tot hard.
3. Sny in lang driehoekvorms van verskillende groottes met ’n warm mes (doop in kookwater).
4. Verf punte met silwer of goue eetbare verf en laat droog word.

Tyd om die koek aanmekaar te sit!
1. Sny al die sjokolade koeke se bulte aan die bokant gelyk. Doen dieselfde met die rooifluweel koeke.
2. Druk die middel van die sjokolade koeke uit met ’n 15 cm koekiedrukker.
3. Druk 15 cm sirkels uit die rooi fluweek koeke sodat daar 5 sirkels is.
4. Plaas lae sjokoldaekoek op mekaar met wit botterversiersel en ganache tussenin. Doen dieselfde met die rooifluweel koeke. Sit nou die rooifluweel sirkels binne in die sjokoldaekoek – dit stel die kern van die maan voor.
5. Smeer dun laag versiersel om en bo-op die koek. Verkoel vir 10 min. Spuit die finale en dikker laag wit versiersel buite om en bo-op en maak glad met ’n koekskraper.
6. Gebruik die grys versiersel en sit op sommige plekke (in geen spesifieke partoon) en maak weer glad.
7. Giet ganache in ’n spuitbottel (soos ’n tamatiesousbottel) en laat dit afdrup aan die kant van die koek. Dit mag nie die onderkant ven die koek raak nie.  Die tegniek staan bekend as ’n drip cake.  
8. Begin die versierings opsit. Plak twee makrolletjies met botterversiersel aan mekaar. Druk die sjokoladeskerwe in die bokant van die koek en rangskik die makrolletjies en die skuimpies om dit. Die idee is dat dit nie in ’n spesifieke partoon moet wees nie – dit moet die kraters op die maan verteenwoordig. Plaas dan ook ’n paar skuimpies and makrolletjies aan die kant van die koek en laat jou verbeelding mal gaan. Sprinkel nog blinkers oor die koek. Rond af tot jy gelukkig is.

Koekedoortjie_Nix koek
Nix se pronkkoek met pompelostroop, lemoensmeer en Salticrax-meringue
30 May 2018

Nix se pronkkoek met pompelostroop, lemoensmeer en Salticrax-meringue