Logo

Nix se appeltert ‘pop-tarts’

19 Junie

Gebak

4

Probeer gerus dié resep.

Koekedoortjie-4
Bestanddele

Appelvulsel:

15 ml melk

6 - 7 groen appels

60 ml water

60 ml bruinsuiker

Deeg:

500 ml koekmeel

15 ml suiker

5 ml sout

250 ml yskoue botter in blokkies gesny

1 eier geklits

Om aanmekaar te sit:

7,5 ml kaneel

375 ml versiersuiker

10 - 20 ml melk

kleursel

Metode
  1. Begin met die deeg: meng meel, suiker en sout in ’n mengbak. Plaas die mengsel in ’n voedselverwerker en voeg die blokkies botter by. Pols tot die stukkies botter ongeveer so groot soos ertjies is. 
  2. Voeg eier en melk bietjie vir bietjie by en meng tot ’n bal deeg vorm. Keer die deeg uit op ’n oppervlakte wat met meel bestrooi is en knie vir ongeveer 3 minute. Deel die deeg in 2 en vorm 2 plat sirkels. Draai toe met kleefplastiek en verkoel vir ongeveer 20 minute.
  3. Maak intussen die appeltertvulsel. Skil appels en sny in klein blokkies. Kook appels in ’n bietjie water tot dit byna sag is. In ’n ander pot, maak die karamelsous met die water, bruinsuiker en kaneel. Kook vir 5 minute of tot die suiker gesmelt is.  Voeg appelblokkies by en kook oor lae hitte tot heeltemal sag. Laat afkoel in yskas.
  4. Haal deeg uit die yskas en rol uit tot ongeveer 5 mm dik. Druk 24 sirkels van ongeveer 5 tot 6 cm uit. Plaas die sirkels op ’n bakplaat en sit in die yskas vir 10 minute.
  5. Haal appelvulsel uit die yskas en roer deur sodat al die stukkies goed met sous bedek is.
  6. Haal deegsirkels uit die yskas en plaas die helfte daarvan op ’n bakplaat.  Skep ongeveer 7,5 ml vulsel in die middel van elke deegsirkel. Los genoeg ruimte om die kant dat die sous nie uitloop wanneer dit bak nie. Daar moet genoeg plek wees vir die roomysstokkie om in te pas – dit moet soos ’n stokkielekker lyk. As die vulsel te hoog is, gaan die deeg skeur.
  7. Klits die eiers en water saam. Plaas die roomysstokkie op die deegsirkel, en verf die rante  met die eiermengsel. Neem die res van die deegsirkels en plaas ’n tweede sirkel op die eerste een. Druk die kante versigtig vas met ’n vurk sodat die vulsel nie uitloop wanneer dit bak nie. (As die stokkie nie mooi vassit nie, verf die eiermengsel ook daarop.) Plaas in oond en bak vir ongeveer 25 minute of tot goudbruin en gaar. 
  8. Terwyl dit bak, maak die glasuursel: voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die versiersuiker tot dit ’n slap mengsel vorm. Gebruik meer melk indien nodig. Skep 3/4 van die glasuursel in ’n bakkie en kleur dit met ’n kleur van jou keuse. Kleur die res met ’n bypassende kleur.
  9. Haal die tertjies uit die oond en plaas dit op ’n afkoelrak om die glasuursel op te sit. Terwyl die tertjies nog warm is, gooi die groter hoeveelheid van die glasuursel individueel oor die pop tarts. Gebruik ’n vurk om die res van die glasuursel in dun strepies oor die eerste kleur te drup.  Laat afkoel en bedien.  
Koekedoortjie_Wicus pop tarts
Wicus se ‘pop tarts’ – bloubessie konfyttertjies
20 June 2018

Wicus se ‘pop tarts’ – bloubessie konfyttertjies