Logo

Mini-aarbei-maaskaaskoeke

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

MINI AARBEI MAASKAASKOEKE – Terwyl ek wag
Bestanddele

100 g Maaskaas

100 ml Melk

1 teelepel Vanielje-ekstrak

2 Eiers

1/2 koppie Suiker

1 1/4 koppie Bruismeel

1/2 koppie Amandelmeel

1 teelepel Bakpoeier

1 knippie Sout

10 medium grootte Vars aarbeie in agstes gesny

6 ekstra Aarbeie met groen blaartjies

Vanielje mascarpone

250 g Mascarpone laat staan teen kamerteperatuur vir 10 minute

1 eetlepel Strooisuiker

1/2 Vanieljepeul se saadjies

Metode
  • Klits eerste 5 bestanddele saam in mengbak
  • Roer bruismeel, amandelmeel, bakpoeier en sout by
  • Roer aarbeie by
  • Skep in 12 gesmeerde muffinpannetjies
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 15 minute
  • Laat afkoel
  • Skep vanielje-mascarpone bo-op net voor opdiening
  • Laat ‘n halwe aarbei regop staan bo-op elkeen

Vanielje mascarpone

  • Meng bestanddele saam

Gewildste Resepte