Logo

Mieliemeelmuffins

06 November

12 – 15 muffins

Gebak

500050

Dié muffins, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO_6 November
Bestanddele

250 ml Toeka se growwe geel mieliemeel

10 ml bakpoeier

250 ml volkoringmeel (steengemaalde)

2,5 ml paprika of cayenne-peper (na smaak)

2,5 ml sout

250 ml karringmelk

3 ekstra-groot Nulaid eiers (geklits)

60 ml sonneblomolie

410 g suikermielies (geroomde)

45 ml sonneblomsaad

paprika (om bo-op te strooi)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n muffinpan deeglik met olie.

2. Plaas die droë bestanddele in ’n mengbak.

3. Klits die karringmelk, eiers en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele en meng met die suikermielies goed deur.

4. Verdeel die beslag tussen die muffinholtes en strooi sonneblomsaad en ekstra paprika oor. Bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

5. Laat dit vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer dan op ’n afkoelrakkie uit.

6. Die muffins is ’n heerlike peuselhappie of pak dit in as deel van ’n kosblik.

Wenke:

1. Nog ’n peuselhappie-idee is om groente en kaas op sosatiestokkies te ryg. Sny komkommer en kaas in blokkies en ryg dit saam met gehalveerde kersietamaties op stokkies.

2. Die muffinbeslag kan ook in klein broodpannetjies gebak word.

DGO-Eier-pizza
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-10-15

Eier-pizza met maalvleis