Logo

Mango-en hoender potjie

22 Januarie

Braai

Wie hou dan nie van mango nie? 

4
Bestanddele

Om te bedien:

rys

vars koljander

Vir die potjie:

1 ui, gekap

8 hoenderdye, verkieslik sonder die vel

sout

peper

1 k hoenderaftreksel

1 blikkie klappermelk

1 vars mango, gesny in blokke

Metode

LAAT WAAI:

Verhit die olie in jou potjie en braai die uie tot sag en gaar.

Voeg die hoenderstukke by en braai hulle tot dit begin verbruin aan al die kante. Geur die hoender met sout en peper en kerrie poeier.

Voeg die knoffel en gemmer by en braai vir nog een minuut.

Voeg helfte van die mango blokkies by die potjie asook die klappermelk. Sit die deksel op die potjie en laat die potjie rustig prut vir 30 - 40 minute tot die hoender gaar en sag is.

Haal die deksel oop, voeg die res van die mango by en laat dit so oop prut vir omtrent 10 - 15 minute tot die sous lekker verdik is.

Bedien die potjie met vars gebakte roosterkoek en geur met ekstra sout en peper na smaak.

3
Jan Braai
2020-01-21

SMOG-burger

Gewildste Resepte