Logo

Mandi se breek-’n-brood-resep

Gebak

3

Jy sal nie spyt wees as jy Mandi du Plooy-Baard se breek-’n-brood-resep probeer het nie. 

Kampkos_Mandi
Bestanddele

1 pak deeg

1 blok camembert-kaas

400 g spek

1 blok mozzarella

1 blik vye

75 ml botter

60 ml balsamiese reduksie

3 uie

1 pakkie pietersielie

sout en peper

100 ml olyfolie

Metode

1. Begin deur die platboompot te smeer met botter – alle kante moet bedek word.
2. Rol die deeg in kleiner balletjies, omtrent so appelgrootte. 
3. Plaas die balletjies deeg aan die kant van die pot, sodat daar ’n oop kol in die middel van die deeg is.
4. Bedek elke balletjie met ’n lagie olyfolie en ’n blokkie botter.
5. Sout en peper na smaak.
6. Plaas die pot op die vuur, sodat die brood gaar kan word. Die pot moet ongeveer 180 grade haal, dus plaas 10 kole onder die pot en 16 bo-op die deksel.
7. Sny die vye en camembert-kaas in kleiner stukke.
8. Braai die spek.
9. Braai die uie in bruinsuiker om dit te karamaliseer.
10. Sodra die brood lekker gerys het, plaas dan nog ’n blokkie botter op elke balletjie.
11. In die middel van die brood, gooi die spek, uie marmelade, vye, camembert-kaas, en balsamiese reduksie (in dié volgorde).
12. Gooi die gerasperde mozzarella oor die middel, sowel as die brood.
13. Plaas die deksel (met kole) weer bo-op die pot totdat die kaas gesmelt het, dan kan die van die kole af verwyder word.

KampKosS4_Ep8-KoeskoesSlaaiBeesfillet-EdenClassens2
Kampkos Logo
2018-05-24

Eden se koeskoes-slaai en beesfilet