Logo

Malvapoeding

27 November

Probeer self dié weergawe van ’n ‘classic’ voorberei.

Roer
Bestanddele

Beslag

1 koppie koekmeelblom

0.5 koppie suiker

1 koppie melk

1 eier

1 teelepel bakpoeier

1.2 eetlepel appelkooskonfyt

1 teelepel koeksoda

Sous

1 koppie suiker

1 koppie melk

0.5 koppie kookwater

125 g botter

5 ml vanieljegeursel

Metode

Vir die beslag:

Klop die eier en suiker saam, voeg die appelkooskonfyt by en klop weer.

Voeg die ander bestanddele vir die beslag by en meng met die melk waarin die koeksoda opgelos
is.

Skep die beslag in ‘n oondskottel met ‘n deksel, of ‘n bak met foelie wat bietjie met ‘n bol bo-oor
staan.

Bak vir 45 min by 180 C

Vir die sous:

Gooi al die bestanddele vir die sous in a pot en verhit totdat alles mooi gemeng en gesmelt is. Roer
gereeld.

Gooi die sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

Roer
Waterblommetjie slaai – Roer
Sub Titel

Waterblommetjie slaai – Roer

Gewildste Resepte