Logo

Kokkedoortjie-smoothies

22 Mei

Vir gewigsverlies

5

Kry die Kokkedoortjie Christian (hooffoto) en mede-Kokkedoortjie-deelnemer Christi se smoothie-resepte hier.

Kokkedoortjie
Bestanddele

Christian se grondboontjiebotter- en koffiesmoothie:

125 ml melk

15 ml koffiepoeier

60 ml grondboontjiebotter

2 ryp piesangs opgesny

15 ml heuning of ander natuurlike versoeter na smaak

1 k ysblokkies

Wenk vir Christi se smoothie:

5 - 6 kiwivrugte , geskil en gesny

handvol spinasieblare

125 ml melk in twee gedeel

2 groot piesangs , gesny en gevries

250 ml Griekse jogurt

Metode

Die Kokkedoortjies draai die piekniekmandjie op sy kop om deur die slaai en drinkgoed in toeskroef-vrugteflesse te verpak. Die smoothies (gladdejantjies in Afrikaans) is ‘n gesonde manier om af te koel. Maar weet jy hoe smoothies ontstaan het?

Smoothies het begin as ’n dorslesser vir branderplankryers en rolskaatsers op Kalifornië se goue strande. Dit was in die tyd toe voedselverwerkers vir die eerste keer op die mark gekom het. Die nuwe wondermasjiene het vrugte tot ’n dik, gladde drankie verwerk. Vandag word allerhande nuwe smaakkombinasies ingespan. As jy dit soeter verkies, gebruik ‘n lepeltjie heuning.

Christian se grondboontjiebotter- en koffiesmoothie

  1. Verwerk alles goed saam in ’n smoothiemaker of voedselverwerker wat ys kan verwerk.

Christi se kiwi- en piesang-supersmoothie

  1. Groen laag: Versap kiwi, spinasie en helfte van die melk tot glad, skraap van die kante af tot alles glad is. Giet onder in fles.
  2. Wit laag: Versap die piesang met jogurt en orige melk. Skep dit bo-op die groen laag in die fles. Plaas deksel op en bedien koud met ’n strooitjie.

Wenk vir Christi se smoothie

  1. 15 ml lemmetjiesap helder die smaak op.
Dean2
Kokkedoortjie Logo
2017-05-04

Dean se Chad le Burger

Gewildste Resepte