Logo

Joe se ‘Nachos Pizza’

21 Junie

Braai

3

Jy móét Joe Forster se ‘Nachos Pizza’ probeer. 

Kampkos-Joe-Forster-Nachos-Pizza
Bestanddele

tortilla-skyfies

1/2 k olywe

1/2 k salamie

250 ml mozzarella- en cheddar-kaas

2 sprietuie

1/2 k soetrissie

1/4 k uie

2 - 3 huisies knoffel

brandrissie-vlokkies

22.5 ml botter

1/4 k parmesaan

75 ml melk

125 ml room

olyfolie

Metode
  1. Begin deur knoffelsous te maak.​
    1. Braai die knoffel in die botter.
    2. Voeg melk, room, brandrissie-vlokkies en parmesaan by en roer.
    3. Sout en peper na smaak.
    4. Roer en los op die hitte totdat die sous verdik.
  2. Volgende, begin om die pizza te bou in ’n pan.
    1. Vorm die eerste laag met die tortilla-skyfies.
    2. Voeg dan die gekapte soetrissie, olywe, uie en salamie by.
  3. Bedek pizza met die verdikte sous.
  4. Bedek met gerasperde mozzarella- en cheddar-kaas en gesnyde sprietuie.
  5. Plaas pan op die vuur vir ongeveer vyf tot agt minute en bedek met deksel of foelie sodat kaas smelt.
Kampkos_Anrich
Kampkos Logo
14 June 2018

Anrich se mossels oor die kole