Logo

Jaffels met twee vulsels

03 Desember

Lewer 4 jaffels

3

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer jaffels met twee vulsels voorberei. Foto: Heleen Meyer

DGO_3 Desember
Bestanddele

botter (om mee te smeer)

8 snye bruin- of volkoringbrood

Vulsels – Opsie 1, genoeg vir 4 jaffels

2 – 3 JOYA® Appels (in die skil, in dun wiggies gesny)

125 g camembertkaas (in skywe gesny)

4 takkies roosmaryn (vars, blare afgestroop)

60 ml rooibosbessiesous (cranberry sauce)

Vulsels – Opsie 2, genoeg vir 4 jaffels

60 ml uie (gekaramelliseerde)

180 ml cheddarkaas (grofgerasperde)

6 – 8 takkies tiemie (vars)

4 Nulaid-eiers (groot, gebak – sien wenke)

Metode

1. Smeer botter aan een kant van elke sny brood. Pak groepies van twee snye brood met die gebotterde kante na mekaar. Onthou dat die gebotterde kante ná die jaffelpan gaan wys, so pak die vulsel op die ongebotterde kante.

2. Vulsels: Kies ’n vulsel of maak ’n verskeidenheid jaffels. Elke vulsel is genoeg vir 4 jaffels.

Opsie 1: Plaas van die appels bo-op 4 van die snye brood. Pak die kaas en ’n paar roosmarynblare bo-op die appel en skep van die rooibosbessiesous oor. Pak die orige appelwiggies bo-op en sit die tweede gebotterde sny op, met die botterkant na bo.

3. Opsie 2: Verdeel die uie, kaas en tiemie tussen 4 snye brood. Plaas versigtig ’n gebakte eier bo-op elke sny brood. Sit die tweede gebotterde sny op, met die botterkant na bo.

4. Om gaar te maak: Plaas die gevulde broodjie in ’n jaffelpan. Maak die pan toe en sny enige broodkorsies wat uitsteek met ’n mes af.

5. Rooster die jaffel oor matige kole vir 4-6 minute of tot die brood aan die buitekant goudbruin en die kaas gesmelt is. Draai die jaffelpan gereeld, om dit eweredig te rooster en te verhoed dat dit brand.

6. Verwyder die jaffel versigtig uit die pan en hou warm terwyl jy die res rooster. Bedien warm as deel van ’n braaivleis-ete of ligte maaltyd.

Wenke:

1. Bak die eiers oor ’n matige hitte in ’n pan (bv. AMC 24 cm Chef’s Pan), tot die eier amper gaar, maar die geel nog loperig is. Hou ingedagte dat die eier nog verder sal gaar word wanneer die jaffel oor die kole gerooster word.

2. Gekaramelliseerde uie is ’n heerlike veelsydige bykomstigheid. Sien die wenke by die resep vir Gekaramelliseerde uie (live link on blog) as daar nog oorbly na die jaffels gemaak is.

3. Vervang die camembertkaas met enige kaas van jou keuse of selfs ’n skeppie roomkaas.

DGO_19 November
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
19 November 2018

Bros mieliemeel-tortillas