Logo

Hoender-kaaskoek

4 Porsies

Gebak

661249

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Maritha Steyn hoender-kaaskoek voorberei. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Bestanddele

Bo-laag:

6 - 10 sampioene

125 ml room

200 ml cheddarkaas

Kors:

1/2 pakkie Cream Crackers

Vulsel:

2 k hoender

1 ui

30 ml botter

200 ml hoenderaftreksel

100 ml room

10 ml mostert

knippie rooipeper

sout

peper

200 ml sterk cheddarkaas

1 houer roomkaas

3 eiers

Metode

Vir kors:

  1. Druk vas in 26 cm-grootte losboompan en plaas in yskas.

 

Vir vulsel:

  1. Braai ui in botter en voeg meel, aftreksel en room by om witsous te maak.
  2. Voeg gaar hoender en geurmiddels by.
  3. Voeg kaas en roomkaas by.
  4. Voeg geklitste eiergele by.
  5. Klits eierwitte styf en vou in mengsel in.
  6. Bak vir 35 minute teen 180°C.

 

Vir bo-laag:

  1. Meng al die bestanddele saam.
  2. Skep oor gestolde kaaskoek en plaas weer terug in oond vir paar minute totdat kaas smelt.
ipp
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-09

Somerdrankie

Gewildste Resepte