Logo

Gesposjeerde salm met dille-pesto

21 Desember

4 Porsies

Seekos

3

Dié heerlike resep vir salm met dille-pesto is in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei. Kry die resep hier.

EVN2-Ep11-SALM-MET-DILLE-1
Bestanddele

Pesto

½ k vars dille

½ k vars pietersielie

⅓ k gerasperde parmesaan

100 g dennepitte

150 ml olyfolie

1 knoffelhuisie

Vis

2 kg heel salmfillet

5-6 l groente-aftreksel

Metode

 

  1. Plaas al die pesto-bestanddele in 'n voedselverwerker en pols tot fyn, hou eenkant.
  2. Vul 'n posjeerbak met die groente-aftreksel, plaas die vis binne-in, maak seker die vis is heeltemal bedek met water ('n groot pot kan ook gebruik word).
  3. Bring stadig tot kookpunt.
  4. Sodra kookpunt bereik word, verwyder van hitte en laat staan vir 5 minute.
  5. Verwyder vis versigtig uit die water en plaas op opdienbord.
  6. Bedien met pesto en vars brood.
Die-GROOT-Ontbyt-1-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-12-08

Omelet-rolletjies met maaskaas en songedroogde tamaties

Gewildste Resepte