Logo

Gebraaide steak met bokmelkkaas

30 September

Braai

1

Hier is ’n heerlike resep vir jou volgende braai.

Toks en Tjops Idees
Bestanddele

Vir die aartappelslaai:

2 kg Medium aartappels

200 ml Olyfolie

1 Bondel preie

3 Salotte

80 ml Witasyn

2 e Mostert

0.5 e Witsuiker

Sout

Peper

10 Kersietamaties

Vir die steaks:

4 x 200 g Fillet of rib-oog steaks

400 g Kersietamaties

12 takkies Tiemie

4 Snye bokmelkkaas

Olie

Sout

Peper

Metode

Vir die steaks: 

  1. Geur die steaks beide kante met sout en peper. Was die kersietamaties, meng met ’n bietjie olie en geur met sout en peper. Was die tiemie, haal blaartjies van die stam af en kap effens.
  2. Berei die braai voor vir direkte hitte. Braai die steaks en draai na drie minute om. Plaas ’n stuk bokmelkkaas op elke steak en sprinkel met tiemie. Braai vir nog drie minute. Die steaks is gaar wanneer dit 58°C in die middel is.
  3. Sit die kersietamaties op die rooster een minuut voor jy die steaks afhaal. Braai tot net warm. Haal die steaks en tamaties van die rooster af en laat vir vyf minute rus voor jy dit opdien. Bedien met aartappelslaai.

 

Vir die aartappelslaai: 

  1. Was die aartappels en sny in kwarte of agstes. Kook tot amper sag in ’n pot soutwater. Gooi die water af en laat dit verder stoom op ’n bord. Meng die aartappels met 50 ml olyfolie. Sny die preie in ringe en kap die salotte fyn. Meng die preie en salotte met die res van die olie, asyn, mosterd, suiker, sout en peper. Was die tamaties en sny in kwarte.
  2. Berei die braai voor vir direkte hitte. Sit die groentemandjie op die rooster en plaas die aartappels in. Braai vir 10 tot 15 minute. Draai die aartappels elke nou en dan om. Wanneer dit goudbruin is, haal dit uit en sit in ’n bak. Gooi die slaaisous oor wanneer die aartappels nog warm is. Geur met sout en peper. Meng die tamaties versigtig deur en bedien.
Skirt steak burger[1]
Toks & Tjops Poster
2019-09-23

Steak-burger

Gewildste Resepte