Logo

Feëkoekies

Gebak

3

Feëkoekies vanuit Frankryk – dié resep is tydens n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. Probeer dit gerus self.  

Edik-van-Nantes-0
Bestanddele

125 g sagte botter

3/4 k strooisuiker

1 t vanielje-ekstrak

3 eiers

1 en 1/2 k bruismeel

1 t bakpoeier

1/2 k 1/2

250 ml vars room

12 t donker konfyt nie te soet nie – marmelade kan ook gebruik word

versiersuiker

Metode
  1. Verroom botter, suiker en vanielje in mengbak.
  2. Klits eiers een-een by.
  3. Meng helfte van meel en melk by.
  4. Meng res van meel en melk by.
  5. Verdeel tussen 24 miniatuur muffinpannetjies (1/2 van standaard muffinpannetjies).
  6. Bak in oond teen 170 ˚C (waaier) vir 15 minute of tot goudbruin.
  7. Laat afkoel.
  8. Klits room tot stywe punte net begin vorm.
  9. Sny bokant van elke koekie om dekseltjie te vorm.
  10. Skep teelepel konfyt bo-op elke koekie.
  11. Skep teelepel room bo-op.
  12. Plaas dekseltjie versigtig terug sonder om te hard te druk.
  13. Sif versiersuiker bo-oor.
EdikvanNantesResep
Edik van Nantes Kie About
15 November 2017

Matrooskoek