Logo

Eden se koeskoes-slaai en beesfilet

24 Mei

Braai

3

Probeer gerus Eden Classens se koeskoes-slaai met beesfillet self. 

KampKosS4_Ep8-KoeskoesSlaaiBeesfillet-EdenClassens2
Bestanddele

500 g koeskoes

3 soetrissies groen, geen en rooi

150 g pekanneute

120 g roketblare

120 g roosmaryn

komkommer

150 g fetakaas

1 avokadopeer

300 g beesfillet

125 ml olyfolie

sout

peper

suurlemoen

Metode

 

  1. Begin deur water te kook.
  2. Wanneer die water by kookpunt kom, gooi dit by die koeskoes. Meng deeglik met ’n vurk sodat al die koeskoes genoeg vloeistof kan ontvang. Laat staan vir ’n paar minute sodat dit koeskoes die water goed kan absorbeer.
  3. Meng die koeskoes, opgekapte groen, geel en rooi soetrissies, komkommer, en heel pekanneute.
  4. Neem die roosmaryn en roketblare en skeur dit in kleiner deeltjies. Voeg by slaai mengsel en meng deeglik.
  5. Neem die gesnyde avokado en bou ’n klein toring bo-op die slaai.
  6. Krummel feta kaas bo-oor.
  7. Bedien
Kampkos_stephanvanhuyssteen
Kampkos Logo
2018-05-17

Stephan se nessie-eier-deluxe

Gewildste Resepte