Logo

Dronk melktert en bloosperske

12 Oktober

Gebak

3

’n Vinnige gereg met vars perskes.
Plus my metode om selfs die slegste melktert op aarde te red.

IMG 6992
Bestanddele

Vir die melktert:

1 Melktert

6 teelepels Suiker

6 teelepels Cognac

Vir die perskes:

2 koppies Pienk sjampanje

2 eetlepels Suiker

1 Kaneelstokkie

2 Naeltjies

2 Ster-anys

2 Kardemomsaadjies

3 Bloedrooi perskes gehalveer en ontpit

Metode

Vir die perskes:

  • Verhit eerste 6 bestanddele in pan en laat borrel oor hoë hitte vir 1 minuut
  • Plaas halwe perskes met gesnyde kante na onder in pan
  • Laat kook vir ongeveer 4 minute totdat vloeistof ’n dik stroop vorm
  • Draai perskes eenkeer om vir ’n paar sekondes tydens kookproses
  • Draai weer terug met skil na bo
  • Verwyder van hitte en hou eenkant

Vir die melktert:

  • Gebruik 6,5cm sjefsring en sny 6 sirkels uit melktert
  • Strooi 1 tlpl suiker bo-oor elke porsie
  • Gooi 1 tlpl Cognac bo-oor
  • Gebruik blaasvlam en karamaliseer suiker tot goudbruin
  • Plaas een 1 porsie melktert en een perske-helfte (skil na bo) op elkeen van 6 groot borde
IMG 6686 (1)
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Spicy omeletslaai

Gewildste Resepte