Logo

Drikus se skaaptjops en slaaistokkies

28 Junie

Braai

5

Jy sal versot wees op Drikus Volschenk se skaaptjops en slaaistokkies.

Kampkos_Ep13
Bestanddele

skaaptjops

150 ml balsamiese reduksie

150 g basiliekruidblare

800 g mozzarella

500 g tamaties

2 avokadopere

2 suurlemoene

Metode

1. Begin deur die skaaptjops te braai, met sout en peper na smaak.
2. Bedek tjops lekker met suurlemoensap terwyl dit nog kleur kry op die braai.
3. Verwyder wanneer gaar.
4. Vir die slaaistokkies, sny die mozzarella, tamaties, en avokadopeer in blokkies.
5. Ryg die stokkie in verskillende volgorde met die mozzarella blokkies, stukkies tamatie, avokado stukke en enkel basiliekruid blare.
6. Bedek gerygde stokkie met die balsamiese reduksie.

Kampkos-Joe-Forster-Nachos-Pizza
Kampkos Logo
21 June 2018

Joe se ‘Nachos Pizza’