Logo

Braaitoer Pasta Pot

25 Februarie

Braai

2

Pasta pot met 'n skop!

<p>Pasta Potjie</p>
Bestanddele

500 g Pasta

1 sopie Olyf Olie

1 Ui gekap

1 pakkie Repies Spek gekap in blokkies

1 huisie Knoffel fyn gekap

1 Rooi Rissie fyn gekap

2 blikkies Gekapte Tamaties

1/2 sopie Suiker

1 teelepel Sout

1/2 teelepel Peper

1 koppie Room / Creme Fraiche

1/2 koppie Ernstige Alkohol (Brandewyn/Vodka/Cane)

vir opdiening Vars Kruie

Metode

LAAT WAAI

In jou potjie, op die vuur, kook die pasta in soutwater vir omtrent 6 minute. Die pasta moet nie heeltemal gaar wees nie, net so bietjie meer as halfgaar. Dreineer die pasta en hou eenkant.

Gebruik nou dieselfde (leë) potjie en sit hom terug op die vuur.

Verhit die olie en braai die uie en spek tot gaar en sag. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 minuut.

Voeg nou die gekapte tamaties, suiker, sout en peper by.

Meng alles goed saam, plaas die deksel op die potjie en laat dit rustig prut vir 15 minute.

Voeg die room by, meng alles goed saam en laat die mengsel begin kook.

Sodra dit begin kook, voeg die pasta by, en 'n halwe koppie alkohol. Laat alles weer saam kook vir omtrent 5 minute tot die sous en pasta lekker saam gemeng is.

Haal die potjie van die vuur af en bedien saam met gerasperde kaas, olyfolie en vars kruie.

Peri-Peri Skilpadjies
Jan Braai
2020-02-25

Peri-Peri Skilpadjies

Gewildste Resepte