Logo

Botterboon-happies

15 Happies

Gebak

539933

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer botterboon-happies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-3
Bestanddele

410 g botterbone

1 klein ui

10 ml suurlemoenskil

30 ml suurlemoensap

10 ml komyn

2.5 - 5 ml kerriepoeier (matig)

45 ml vars koljander of pietersielie

15 ml origanum

30 ml volkoringmeel

1 eier

1 ml sout

swartpeper

30 ml olyf- of avokado-olie

Metode

Botterboon-happies:

  1. Plaas die bone in ‘n groot mengbak. Druk met ‘n aartappeldrukker of vurk fyn. Voeg al die ander bestanddele, behalwe die olie, by. Geur met peper en meer suurlemoensap, indien verkies, en meng goed deur.
  2. Verhit die helfte van die olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Skep lepelsvol van die mengsel in die pan en braai tot goudbruin.
  3. Braai goudbruin aan beide kante, verlaag die hitte, sit die deksel op en los vir nog 1 tot 2 minute in die pan tot heeltemal gaar. Skep uit en herhaal met die orige mengsel en olie.
  4. Sit voor as deel van ‘n kosblik of vul voupakkies of pitas met die happies en ongegeurde jogurt, avokado en slaaibestanddele.
  5. Wenk: as die kerrie-smaak te warm vir jou kinders sal wees, vervang kerriepoeier met gedroogde gemengde kruie.
  6. Wenk: maak dubbel die hoeveelheid en hou in die yskas vir kosblikke vir nog twee tot drie dae.

Gedroogde vrugte in ’n donkersjokolade jassie:

  1. Smelt ongeveer 80 g donkersjokolade in ‘n glasbak oor ‘n kastrol met liggies pruttende water tot glad.
  2. Doop ongeveer 125 tot 250 g droëvrugte van jou keuse in die sjokolade en plaas op bakpapier tot gestol.
  3. Kies enige droë vrugte uit die Cecilia’s Farm-reeks, Bon Chrétien Pears, Colourburst Nectarines, Peeled Cling Peaches en Apple Wedges werk uitstekend.


Die resep word geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Cecilia's Farm, AMC Cookware en ATKV.

 

ipp
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-09-09

Somerdrankie

Gewildste Resepte