Logo

Blesbok Stroganoff

24 Februarie

Braai

3

Smullekker Blesbok Stroganoff 

<p>Koffie &amp; Spesery Steak</p>
Bestanddele

800 g Lende (rump) Steak

1 sopie Olyf Olie

1 sopie Botter

1 Ui gekap

1 Rooi Soetrissie gesny in repies

2 huisies Knoffel fyn gedruk

1 sopie Paprika

500 g Sampioene gensy

2 koppies Suurroom

1 sopie Dijon Mosterd

500 g Pasta

na smaak Sout & Peper

1 hand Pietersielie gekap

Metode

SO MAAK MENS

Maak 'n groot vuur.

Sny jou steak in dun repies, so dun as wat jy moontlik kan sny. Sny ook teen die grein van die vleis.

Kry n paar vlamme onder jou potjie en verhit die olie in die potjie.

Braai die steak in sarsies. Jy wil hê die steak moet goed braai, en nie gaar stoom nie, dus is minder op 'n slag beter. Omdat die steak baie dun is, sal dit slegs 'n minuut vat om te braai. As alles klaar gebraai is, geur die vleis met sout en peper en hou dit eenkant.

Voeg die botter in jou nou leë potjie en braai die ui en soetrissie tot sag.

Voeg die knoffel, paprika en sampioene by en braai tot alles gaar en sag is.

Gooi die vleis terug in die potjie, en maak seker om al die vleissouse ook by te voeg.

Roer die suurroom en mosterd by en roer alles goed saam.

Laat die potjie baie rustig prut vir so 3 - 4 minute.

Bedien die mengsel bo-op 'n bed vars pasta en geur met ekstra sout en peper

Koffie & Spesery Steak
Jan Braai
2020-02-24

Koffie & Spesery Steak

Gewildste Resepte